LOELOERAAI, Jannie se musiekblyspel, gebaseer op CJ Langenhoven se ruimtefiksie van 1923, debuteer onder regie van Tobie Cronjé met Ansa Fourie as musiekregisseur. Jannie sal weer, soos in 1983, in die rol van Sagmoedige Neelsie of Kerneels – CJ Langenhoven te siene wees. Die program word aangebied met ander top-sangers en akteurs in die hoofrolle en word saam met ‘n vokale ensemble van 18 en ‘n lewendige orkes -klassieke en pop-instrumente – aangebied.
Die produksie word aangebied met die samewerking van die FAK onder die vaandel van AFRIKAANS AMPTELIK100.
Langenhoven was ‘n eeu gelede die voorloper in die stryd om amptelike erkenning vir Afrikaans te verkry en daar word verder gesê dat sy verbeeldingryke verhale – asook sy humor, wysheid en kleurryke taalgebruik – Afrikaanssprekendes eintlik vir die eerste keer laat lees het. Jannie het die blyspel in 1983 onder aansporing van Prof Anna Neethling-Pohl geskryf en dit saam met haar as verhoogregisseur landswyd aangebied.
AFRIFORUMTEATER PRETORIA
Vrydag 12 September 2025 om 19h00
Sondag 21 September 2025 om 15h00
Jannie kan hier gekontak word:
Optredes:
+27 72 460 5568
Media:
+27 72 460 5568
Jannie
+27 82 410 4046