KUnstefees in die kleine - 2026

5 vertonings | 1 naweek | ’n Viering van 55 jaar op die verhoog

Die Kunstefees in die Kleine keer terug na Die Centurion Teater van Vrydag 17 tot Sondag 19 April 2026 met ’n besondere musikale viering: vyf unieke verhoogproduksies deur Jannie du Toit ter viering van sy 55 jaar op die professionele verhoog.

πŸ“… Datums: Vrydag 17 – Sondag 19 April 2026
πŸ•’ Tye: Verskil per vertoning (sien volledige program)
πŸ’° Kaartjies: R210pp (Vir een vertoning)
🎟️ Bespreek nou: https://qkt.io/KunstefeesInDieKleine26CT

🎟️ Spesiale afslag vir meer as 1 vertoning (tot en met 50%)!

Vir besprekings van MEER AS 1 vertoning:
πŸ“² WhatsApp Die Centurion Teater: 063 376 4982

Na ’n uiters suksesvolle Benelux-toer in 2025, bied hierdie fees ’n seldsame geleentheid om een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde liedkunstenaars in vyf uiteenlopende gedaantes te beleef. Al vyf produksies is nog nie voorheen op televisie uitgesaai nie en word spesiaal oor hierdie naweek opgeneem met die oog op uitsending.

🎢 Volledige Program:
* Vrydag 17 April – 19h30: Margaretastraat
* Saterdag 18 April – 11h00: Ramkietjie
* Saterdag 18 April – 15h00: De Wals van de Liefde
* Saterdag 18 April – 19h30: Luister na die Liedjies
* Sondag 19 April – 15h00: Oppiekitaar

🎟️ Kaartjiepryse:
* 1 vertoning: R210 per kaartjie
* 2 vertonings: R190 per kaartjie per vertoning
* 3 vertonings: R170 per kaartjie per vertoning
* 4 vertonings: R150 per kaartjie per vertoning
* Al 5 vertonings: R110 per kaartjie per vertoning

Die fees open met Margaretastraat, ’n nostalgiese herlewing van die ikoniese liedjie-aande van die vroeΓ« 1980’s. Saterdag bied drie kontrasterende musiekteaterervarings, en die fees sluit af met Oppiekitaar β€” ’n intieme solo-aanbieding waarin Jannie se liedkuns, kitaarspel en digterlike tekste sentraal staan.
Kunstefees in die Kleine beloof ’n ryk, uiteenlopende en intieme musiekteaterervaring vir fynproewers en liefhebbers van Afrikaanse en Nederlandstalige musiek.

Lees ook die volgende ...

Kontak Jannie

Jannie kan hier gekontak word:

+27 72 460 5568

+27 72 460 5568

+27 82 410 4046

Volg Jannie
Belangrike skakels
thewebman.co.za