Sommige liedjies bly ’n leeftyd by jou.
Met die produksie, RAMKIETJIE, vier Jannie du Toit sy 55 jaar op die verhoog. Dit is ’n eerbetoon aan – na sy mening – Afrikaans se grootste stuk kulturele erfgoed, naamlik die FAK-Sangbundel.
Die program bevat van die mooiste komposisies van liedjieskrywers en komponiste oor die afgelope eeu, asook tradisionele tot meer onlangse liedjies wat in die FAK-Sangbundels verskyn – sedert die eerste een in die dertigerjare tot die jongste een van 2012.
RAMKIETJIE belowe om die hartsnare te roer met musiek wat eerlik is, diep lê, en wat getuig van die tydlose waarde van ons Afrikaanse kultuurerfenis.
OPTREDES:
29 Mei 2026
KOSTER GEKOMBINEERDE SKOOL
17:30 vir 18:00
R250pp (Aandete ingesluit)
Inligting by Phia-ri Oliver by 073 019 9149 of sophiasholivier@gmail.com
4 Junie 2026
SENEKAL ROLBALBAANSAAL
18:00
R100pp (Sop en broodjies ingesluit)
Inligting by Gert Keulder by 082 891 0419
5 Junie 2026
REITZ NG KERKSAAL
17:30 vir 18:00
R250pp (Sop en sjerrie ingesluit) - R150 skoliere
Kaartjies by ATKV-tak Reitz: Kontak Margha 079 436 2894 of Sellie 076 761 0999
6 Junie 2026
BETHLEHEM-WES NG KERK
11:00
R100pp (Sop en broodjies ingesluit)
Inligting by Ritjie Nel by 083 765 9323
6 Junie 2026
HARRISMITH PRIMÊRE SKOOLSAAL
17:30 vir 18:00
R100pp / R900 per tafel vir 10 / R50 laerskool leerlinge (Bring eie eetgoed, drinkgoed en eetgerei)
Bespreek by Artstat: 082 472 7752
Jannie kan hier gekontak word:
Optredes:
+27 72 460 5568
Media:
+27 72 460 5568
Jannie
+27 82 410 4046