Jy bevind jou op die webtuiste van Jannie du Toit, sanger en liedjieskrywer wat sedert 1971 diep spore in Afrikaanse musiek trap. Vir sy bydrae tot die Afrikaanse kunsskat ontvang hy in 2009 die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se erepenning, asook deur die jare talle toekennings van kultuur- en kunsteorganisasies, waarvan die jongste die Aitsa-musiektoekenning in 2023 was – ter erkenning van sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek.
Lees gerus meer oor sy uitsonderlike geskiedenis op die Lewensreis-bladsy, wat tans uitgebrei en opgedateer word. Luister ook na van sy opnames en kyk na video's wat beskikbaar is op die Musiek-bladsy.
Jannie beskou homself as uitsonderlik geseënd: sy stem is in sy 75ste jaar beter as ooit tevore, en deur jarelange toewyding het hy sy vernuf op die kitaar tot op ‘n hoë vlak ontwikkel en verfyn. Sy verhoogoptredes bly passievol, energiek en inspirerend, sy verhoogpersoonlikheid kenmerkend warm en meevoerend vir sy gehore. Hy tree steeds onverpoos dwarsoor Suid-Afrika en van tyd tot tyd in die buiteland op, met ‘n tiental verskillende verhoogproduksies saam met top-musici deurgaans beskikbaar. Sien hieronder ’n opsomming van sy vertonings op die Optredes-bladsy onder die opskrif “Produksies beskikbaar vir optredes”.
Jannie kan bespreek word vir ’n optrede van enige van sy produksies deur die aanlyn Kontak-bladsy te gebruik. Kommunikeer gerus ook met Jopie Koen – sy is die eienares van die Pierneefteater in Pretoria en hanteer die afgelope vyftien jaar Jannie se dagboek en bestuur sy loopbaan sorgvuldig in oorleg met hom. Sy neem die behoeftes van voornemende aanbieders van optredes in ag en is beroemd vir haar omgee vir kunstenaars en die kunste, maar ook vir die publiek.
Bespreek ook kaartjies vir sy vertonings deur sy “Optrededagboek” (as onderafdeling op die Optredes-bladsy) dop te hou.
GEEN Kunsmatige Intelligensie (AI) is gebruik met die maak van hierdie webblad nie.
Alles in hierdie webblad is eg, outentiek Jannie du Toit